

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 July 2008
Dit is toe al die tyd ‘n boswaaierstertmuis, ook bekend as ‘n dormouse, gliridea of graphirus murinus.
Dit is van die name wat Lana Hoffman van Levubu ontvang het nadat sy via die Zoutpansberger van 27 Junie lesers gevra het om die diertjies wat sy as boomkatjies ken te help identifiseer. Saam met die berig het daar ook ‘n foto verskyn van die diertjies wat hulle eens op ‘n tyd kon vang.
“Die reaksie was oorweldigend, met oproepe van ou vriende in Pretoria, ‘n dame van die Transvaalse Museum en selfs uit die Kaap (George) van oud-inwoners wat steeds die Zoutpansberger lees,” vertel Lana.
Die berig oor die diertjies het ook belangstelling ontlok by dr. Marius Barnard, broer van die wêreldbekende hartchirurg wyle dr. Chris Barnard, wat graag ‘n opname oor die diertjies wil kom doen. Hy is ‘n groot natuurliefhebber. Nader aan die huis is prof. Dries Bester van Levubu van mening dit
“Mense wat graag meer inligting of ook foto’s het, moet dit asseblief vir ons faks na tel 015 583 0079 of e-pos na [email protected],” nooi Lana. Hulle sal steeds graag meer inligting oor hierdie diertjies, wat hoofsaaklik bessies, vrugte en insekte eet, wil insamel.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
